Wednesday 25 January 2017

Toetentaal Taalkunste Program


Toetentaal Taalkunste Program is 'n nuwe Afrikaanse Taalkunste Program. 

Die program is saamgestel deur Erika Nothnagel en haar moeder. Die program is glad nie in lyn met CAPS nie en gebruik die Charlotte Mason se benadering. Neem kennis ek het geen ondervinding met die Charlotte Mason se program nie, ek kan dus nie uitlating gee oor hoe dit in lyn met die metode is nie.

Die volledige program is gepas vir kinders vanaf graad 4 tot graad 10. Daar sal in totaal ses boeke wees. Huidiglik is boek 1 beskikbaar. Die boeke kan nie net deur Afrikaanse eerstetaal leerders gebruik word nie, maar ook deur tweedetaal leerders vanaf ongeveer 11 jaar oud.

Aangesien ons Boek 1 deurwerk gaan ek ons ervaring en terugvoering oor boek 1 gee. Huidiglik is ek onseker of ons die opvolg boeke gaan doen, afhangende van wat gedek gaan word ens.

Elke boek het verskillende temas. Boek 1 het Kosstories, Reisigers, Grensloos, Het jy geweet...? Elke afdeling is in lesse opgedeel. Jy kan so lank of so vinnig deur die boek werk soos wat nodig is. 

Aangesien my kinders al heelwat ouer is as die teikenmark vir boek 1 werk ons baie vinnig daardeur aangesien konsepte nie nuut is. Ek moet byvoeg dat ons maar 'n paar kort weke aan die boek werk waar ons een les per dag doen (ons het een les uitgerek oor twee dae) en ons het reeds amper helfde van die boek deurgewerk. Jy kan die boek langer behandel deur die voorgestelde boeke voor te lees ens.
Taalwerk word sagkuns deur die loop van 'n tema/eenheid aan die kind voorgestel. Uittreksels uit stories, gedigte ens word verkaf. Daar is ook 'n lys van aanbevele boeke wat aangeskaf kan word. Ek moet net egter noem, dit is nie maklik bekombare boeke nie. Die boeke is nie 'n moet nie en jy kan steeds die program suksesvol voltooi sonder die voorgestelde boeke. Jy kan jou eie boeke ook gebruik. 
Ek moet dit net duidelik maak, (dit is my opinie). Jou kind moet kan lees en skryf voor jul met die boek begin. Alhoewel die ouer alle stukke voorlees sou dit baie moeilik wees om deur die boek te werk sonder die nodige lees vaardighede. As jou kinders dus nou eers met fondasie begin, wag dan eerder eers met die boek.
Ons hou van die navorsings, en dialoog dele. Baie geskiedkundige persone en gebeure word bekend gestel en hulle leer hulle taalwerk, woordeskat, spelling en nog meer sommer sonder dat hulle dit agter kom. 


Ek sou voorstel dat bv. die gonswoorde wat in elke afdeling agter aangegee word, op 'n manier gebruik word as spelwoorde. In my opinie sal spelling apart hanteer moet word en nog sal bygevoeg moet word.

Die taal is suiwer ou Afrikaans. As dit iets is wat jul geniet dan jul van die boek hou. Vir ander kan dit moontlik vreemd wees. 
Die boek is gedruk as hardeband in kleur en bevat die student en onderwyser in een. Al die nodige instruksies is in die boek en ook al die nodige plekke vir die kind om antwoorde neer te skryf. Indien jy die boek wil hou vir verdere kinders, sou ek eerder aanbeveel dat die kind dan in 'n aparte lyntjie boek skryf.

Die Facebook bladsy vir Toetentaal en dan ook die webwerf vir Toetentaal. Jy kan ook 'n e-pos stuur vir meer les voorbeelde en om bestellings te plaas aan toetentaaltuisskool@gmail.com. 


As 'n laaste punt, ek het die boek gratis ontvang om te evalueer en my eerlik terugvoering oor die program te gee. Dit is hoe ons die boek ervaar en dit is my eie persoonlik opinie. Ander sal verskil wie se kinders heelwat jonger is. Gaan kyk na die voorbeelde en doen 'n toetslopie om self te bepaal of die program reg is vir jou kinders. 


Lekker leer.

Groete

Maryna

Nota: ek het die skrywe opgedateer op 7 Feb 2017.


Tuesday 17 January 2017

Nuwe Afrikaanse Taalprogramme

2017 Het beslis baie goed vir ons begin wat ons Tuisonderwys betref.

Die lekker sappige kersie op die koek is ons gebruik twee splinternuwe Afrikaanse taalprogramme. Hoe lekker is dit. Tuisonderwysers sukkel werklik om goeie Afrikaanse taalprogramme in die hande te kry en hier is ons in 2017 met sommer twee splinternuwe programme.

15 Minuut Afrikaans en Toetentaal Taalkunste Program. Alhoewel albei Afrikaanse taalprogramme is, verskil hulle hemelsbreed van mekaar. En ons is mal oor albei en gebruik albei. 

15 Minuut Afrikaans Voorbladsye van Onderwyserboek en Studenteboek
Ek kan sommer al hoor dat mense vra, hoekom gebruik ek albei, is een nie voldoende? Ja, een is voldoende op sy eie. Maar soos ek genoem het hulle verskil so baie van mekaar. Ons het besluit om albei te gebruik om die volgende redes:

Toetentaal Taalkunste Program Voorblad van Boek 1
Ek toets graag nuwe produkte in die mark. Dit is die enigste manier om werklik eerlike terugvoering en aanbevelings te gee. 

15 Minuut Afrikaans is gebaseer op die Engelse Fix It program van IEW. Ons is bekend daarmee, ons hou van die formaat en hoe elke woordsoort bekendgestel en geoefen word. 

Alhoewel my kinders al heelwat ouer is as die teikenmark vir die eerste boek van Toetentaal Taalkunse Program, het ek steeds besluit om dit te gebruik om die gevoel te kry en deur die benadering te werk. Ons het nog nie tevore Charlotte Mason se benadering gebruik nie en geniet nou hierdie manier van werk.

My kinders geniet werklik albei baie. Dit neem nie so baie tyd in beslag nie. 

15 Minuut Afrikaans is in e-formaat beskikbaar. (Weereens net almal daaraan herhinner asseblief respekteer die skryfster se harde werk en moet nie die boeke vir jou vriende aanstuur nie. Ondersteun haar deur dit nuut te koop. Dit is egter teen die wet om digitale produkte weer te verkoop ens.)

Toetentaal Taalkunste Program is in 'n gedrukte boekformaat beskikbaar.

Ek sal binnekort meer volledige terugvoering plaas oor elke program in afsonderlike skrywes. Gaan loer gerus solank na die boeke en waaroor dit gaan.


Groete

Maryna



Monday 16 January 2017

Hoendereier Ontwikkelings Wiel

Die aktiwiteit is oorspronklik saamgestel deur Ellen J McHenry van die Basement Workshop. Met toestemming het ek dit in Afrikaans vertaal. 


Doel van die aktiwiteit:
Om te leer hoe 'n hoendereier ontwikkel en wat gebeur deur die 21 dae.

Ouderdoms groep: Graad R tot Graad 4

Beskrywing van die aktiwiteit:
Soos gesien in die foto hierbo is dit 'n ontwikkelings wiel met nog 'n wiel agter om die ontwikkelings stadium aan te dui (in die oranje venster) soos die kuiken groei per dag. Wat natuurlik gedraai kan word om elke stadium te sien.

Tyd benodig:
Ongeveer 30 minute met knip en inkleur, kan minder wees indien die kinders nie sou inkleur nie.

Wat jy benodig:
Afdruk van die patroon
'n Skêr
Kleur potlode
Wit karton

Laai die patroon aktiwiteit af.

Ouer kinders kan ook die aktiwiteit gebruik in Biologie deur dit binne 'n Wetenskap Joernaal te plak as deel van hul diere studies.

Lekker leer.

Groete

Maryna


 

Friday 13 January 2017

Kurrikulum vir 2017

My voorgestelde kurrikulum wat ons gaan gebruik vir 2017.

Ek gaan moontlik 'n paar veranderings aanbring. Alles hang af hoe die jaar gaan verloop. 

Wiskunde:
Math U See Pre-Algebra. Julie maand gaan ons begin met Algebra 1 (MUS)

Engels:
Student Writing Intensive Level B (IEW)
Structure and Style (IEW) vir my
Spelling: Ons gaan Phonetic Zoo 'n probeer gee. Andersins weer Sequential Spelling
Gedigte: Poetry Memorization (IEW) Ek het net die eerste deel wat ons gaan probeer voor ek die finale aankoop maak.
Lees: Diary of a Wimpy kid se reeks klaar lees. Gaan nog boeke byvoeg.

Afrikaans:
15 Minuut Afrikaans
Addisionele bronne: Kominpas met Afrikaans, HAT, Rymwoordeboek
Rapport Junior Blokraaiboek
Speletjies, kaartjies wat ek self saamgestel het.
Lees: Makayla gaan die Stalmaats reeks klaar lees. Matthew gaan Gedaantes en Geraamtes lees. Ek beoog ook om nog 'n reeks te kry en moontlik ander by voeg.

Bybel:
Learning the Word Through life (ons gebruik dit in Afrikaans)
Net jy en Jesus dagstukkies
Picture Smart Bible (Nuwe Testament) Afhangende van hoe die jaar verloop.

Geskiedenis:
Story of the World
Addisionele bronne sal bygevoeg word.

Wetenskap:
The Elements van Ellen J McHenry (nie klaar gemaak verlede jaar)
The Cells of Botany van Ellen J McHenry
Verskeie eksprimente en praktiese speletjies vir vaslegging

Aardrykskunde:
Verskeie bronne. (Sal later meer besonderhede plaas)

Rekenaar Tegnologie:
Html & CSS (basiese beginners kursus)
Python (basiese beginners kursus)
Matthew sal ook steeds aangaan met Blender en ook Unity

Buitemuurse Aktiwiteite:
Yshokkie vir Matthew (DurbaKnights Ice Hockey Club)
Kook Klasse vir Makayla (Back2Basics in Amanzimtoti)
Woensdae aande is Koffie, Woord en Koekies (ons kerk jeug se Woord studie program)
Vrydae aande Jeug

Dit is dit so in 'n neutedop. 

Groete

Maryna