Tuesday 17 March 2015

Sirkulasie Speletjie - Menslike Liggaam

Hierdie Sirkulasie Speletjie is oorspronklik saamgestel deur Ellen McHenry van The Basement Workshop en is in Afrikaans vertaal deur my met haar toestemming.

Foto van speletjie soos op Ellen se webblad
Ouderdoms groep: 8 tot 14 jaar

Doel van die speletjie: Om te leer of te hersien - sirkulasie in die liggaam. Basiese wetenskaplike konsepte wat gedek word is die beweging van suurstof na selle en koolstofdioksied na die long deur die rooibloedselle. Produksie van rooibloedselle in die been en suiker en proteine na selle te neem deur die bloedstroom. Ook die lewering van afval na die niere sodat jou liggaam daarvan onslae kan raak. Die hart is die hoofmasjien wat jou bloed aan die beweeg hou. Die 'kaart' van die sirkulasie sisteem in en uit jou longe, hart en ander liggaamsdele.

Beskrywing: Hierdie is 'n twee span speletjie waar 2 tot 6 spelers kan saamspeel. Die spelers draai die hart 'spinner' om te sien hoeveel 'hartkloppe' hulle kry vir daai beurt. Elke speler moet dan of 'n bloedsel, voedsel of afval merker beweeg na die eindpunt - of selle na die longe of die niere. Suurstof en koolstofdioksied ry bo op die rooibloedselle. Voedsel en afval dele beweeg sonder die hulp van rooibloedselle. Die eerste span wat al hulle suurstof en voedsel aflewer en die afval en koolstofdioksied van ontslae raak, wen die spel.

Tyd benodig: Die saamstel van die speletjie sal voor die tyd moet plaasvind. Die tyd hieraan verbonde hang af van hoeveel ingekleur word. Knip en gom tyd neem minder as 30 minute. Werk eers aan die merkers en ‘spinner’ om tyd te gee vir alles om droog te word terwyl jy die bord saamstel. Laat ongeveer 45 minute toe vir die speletjie om gespeel te word.

Wat jy benodig afdruk van die patroon bladsye gedruk op karton,  kleefband, skêr, gom en gekleurde potlode. 

Jy kan die speletjie hier aflaai.

Ander liggaam aktiwiteite wat julle kan doen:
Liggaam Bingo
Maak 'n been
Anatomie T-hemp 

*Indien jul dit met iemand wil deel verwys hul terug na die blad om dit hier af te laai - dankie.*  

Hou die spasie dop vir nog lekker aktiwiteite.

Lekker speel en leer.

Groete

Maryna

Thursday 12 March 2015

SOTW 1: Hoofstuk 8 Die Assiriese mense

In die hoofstuk lees ons van die mense in Assirië en hoe hulle geregeer het.

Koning Sennecherib het eers in die antieke Assirië geheers en was glad nie 'n gawe man nie. Sy opvolger Ashurbanipal was net so erg. Mense het in vrees gelewe. Hy het geheers deur mense te manipuleer. As jy nie volgens sy pype dans nie, is jy jou lewe kwyt.

Ek het 'n Afrikaanse (kan jy glo) kaart gekry op die internet van die area waar Assirië gelee is.



Op Mieliestronk se webblad is daar 'n stuk te lees van die mense/nasies in Mesopotamië.

Ons het ook geleer van die legende of dalk mite van Gilgamesj. Ek moet nou eers hier stop. Alhoewel dit 'n storie is wat grootouers vir hul kinders en die se kinders deur die loop van tyd vertel het, verskil die weergawes van die storie. Watter een nou korrek is, weet ek werklik nie. Die een wat ons gelees het in SOTW verskil ietwat van die een wat ons in Vrae & Antwoorde Antieke Wêreld gelees het. Op die einde maak dit seker tog nie saak nie.

Hy was 'n slegte mens. Daar was versoek gedoen aan gode om hom 'n beter mens te maak. 'n Wilde man is geskep om hom reg te sien. Nou ou Gilgamesj was so sterk soos kan kom, amper soos ou Simson maar nie so gawe ou soos hy nie. Die wilde man se naam was Enkidu. Alhoewel Enkidu vir Gilgamesh moes vermorsel het, het hulle na jare vriende geword. Na Enkidu se afsterwe weens siekte het Gilgamesh verpletter. Hy het dit op homself geneem om 'n manier te kry om altyd te kan lewe. Die god Utnapisjtim was genader om hulp. Gilgamesj was opdrag gegee om vir ses dae en sewe nagte wakker te bly, maar arme ou Gilgamesj was net te moeg en het geslaap. Utnapisjtim het hom nog 'n kans gegee, hy moet 'n plant by die diepste punt van die see kry en dit eet en sou weer jonk word en altyd lewe. Gilgamesj kon die plant kry, maar raak aan die slaap en 'n slang verorbe die plant. Met die gevolg die slang verloor sy vel (vervel) en word weer mooi. So het hy nie geslaag, oud geword en later gesterf.

Die legende vertel eintlik dat Enkidu half mens half dier was. Eintlik 'n tipe monster of wie weet dalk een van daai gediertes soos in Narnia. Die kinders het hul uitbeelding gemaak van die gedierte. Ja skrikwekkend ek weet... ;)

Makayla se voorstelling

Matthew se voorstelling
Hier is 'n video van die legende (Animasie)



In die volgende video is daar 'n uittreksel uit die film Star Trek waar die storie van Gilgamesj vertel word.



Hier is nog 'n animasie video 



Lekker leer.

Groete

Maryna

Wednesday 11 March 2015

SOTW 1: Hoofstuk 7 Hammurabi

In Hoofstuk 7 het ons geleer van Hammurabi. Dit was nou vir jou 'n kwaai man wat nie nonsens gevat het nie. Sy wette was egter die grondslag vir die tien gebooie.
Uit die boek Gruwelike Geskiedenis van die wêreld




Hier kan jy bietjie meer lees oor die Sterrekundiges van Babilon
Interaktiewe aktiwiteit om meer te leer oor Hammurabi se kode

In die video hieronder is 'n kykie na Babilon en sy mense.



Lekker leer.

Groete

Maryna

SOTW 1: Hoofstuk 6 Die Joodse mense

In Hoofstuk 6 leer ons van Abraham en sy gesin. Ons leer van Josef en hoe hy 'n belangrike man geword het.

My man het die gewoonte om my altyd "ou Josef die dromer" te noem. Natuurlik met goeie rede ;) Die stuk is vir my so mooi, alhoewel Josef moeilike seisoene in sy lewe ervaar het, het hy steeds 'n goeie en getroue man gebly. 'n Man van liefde en vergewensgesindheid. Hoe baie van ons is tog werklik so?

Hier kan jy 'n mooi video van Josef King of Dreams kyk (maak net die skerm groot as jy in daai webblad is. Die film is ook op youtube maar in baie kort dele)
Deel 1
Deel 2
Deel 3

Die aktiwiteit wat voorgestel was in die boek was om Josef se kleurvolle jas te maak. Ons het dit egter nie gedoen nie.
As jul dit wil doen, kan die kinders op papier 'n jas teken en baie kleurvol versier, alternatief kan hulle 'n ou wit oopknoop hemp gebruik en dit verf.

In die studente afdeling was daar ook 'n strokiesprent wat die kinders kon inkleur om die verhaal uit te beeld. Hieronder is net 'n voorbeeld van die eerste bladsy.



Groete

Maryna


Leiers van die Antieke Era

Tuesday 10 March 2015

SOTW 1 - Hoofstuk 5: Die eerste Sumeriese Diktator

Ons het geleer van die koning Sargon. Sargon se storie begin baie soos Moses sin in die mandjie.Heel toevallig...

'n Gedig oor die legende van Sargon


In die boek Vrae & Antwoorde Antieke wêreld kan jy meer lees oor waar die Sumeriërs vandaan kom, in watter soort huise hulle gewoon het, wat is 'n ziggoerat. Het julle geweet dat die Sumeriërs die wiel uitgevind het. Dit was van hout gemaak en hulle het ook die pottebakkers wiel uitgevind. 

Op die webbladsy is daar 'n interaktiewe speletjie om 'n ziggoerat te bou. Kliek op die byskrif onder die foto om jou na die webblad te neem.

Bou 'n ziggoerat
Hier is 'n paar skakels as jul meer wil lees, alles in Engels:
Social Studies for Kids: Sargon
Sargon of Akkad - Wikipedia
Ancient History Sargon of Akkad met 'n interaktiewe tydlyn.

Groete

Maryna

Menslike Liggaam - Bingo

Hierdie menslike liggaam Bingo is oorspronklik saamgestel deur Ellen McHenry van The Basement Workshop en is in Afrikaans vertaal deur my met haar toestemming.
  Ourderdoms groep: 8 tot 13 jaar.

Doel van die aktiwiteit: Om basiese informasie van interne organe te hersien.

Beskrywing van aktiwiteit: Word gespeel soos gewone Bingo, behalwe dat daar drie vlakke van vrae is. Vlak 2 en 3 is geskik vir 'n ouer kind, of 'n kind wat reeds die nodige kennis dra. 'n Voorbeeld vraag uit Vlak 3: "Die hipofise klier word in die orgaan aangetref."

Tyd benodig: 30 - 40 minute

Wat jy benodig: Afskrifte van die Bingo bord, afskrifte van die liggaamsdeel kaarte vir elke kind, gom, skêr, merkers om op die dele te plaas of alternatief merk penne/kryte. Afskrifte van die vrae vir die ouer.

Laai die Liggaam Bingo hier af. 

Hoe ons dit doen: Ek het die bladsye gelamineer. Die kinders het die kaartjies wat hul gekies het met wondergom op die Bingo bord gesit. Ek het vir hulle die vraag gelees en dan het hul die antwoord prentjie op die Bingo bord gesoek.Hul het hul keuse met 'n witbordpen gemerk. Ons het dan gekyk of die antwoorde reg is. As dit was hou hulle die kruisie wat hul met die witbordpen daarop gemaak het. As dit nie reg was, moet hul die fout uitvee, maar hul mag dan nie die regte een kies nie. As iemand 'n Bingo gehad het, het hul alles uitgevee en ons het aangegaan met die vrae sodat daar weer 'n kans op 'n nuwe wen kan wees.


Nog ander menslike liggaam aktiwiteite wat jul kan doen:
Maak 'n been
Anatomie T-hemp

*Indien jul dit met iemand wil deel verwys hul terug na die blad om dit hier af te laai - dankie.*

In die komende maande gaan ek nog aktiwiteite met julle deel. Hou dus die spasie dop. Lekker leer!

Groete

Maryna

Monday 9 March 2015

Engelse Grammatika Fix It! Grammar

Begin van die jaar het ek baie onrustigheid gehad oor ons Engelse program. Ek het rond gesoek, na voorbeelde gekyk en hier en daar iets vir 'n toetsloop geneem.Dit was werklik nie 'n besluit wat ek ligtelik geneem het nie.

Ons het dus LLATL (Learning Language Arts through Literature) heeltemal gestaak en oorgegaan na die IEW (Institute for Excellence in Writing).

Dit is 'n groot verandering en ek wil graag my opwinding van ons nuwe Grammatika program met jul deel.



Fix It! Grammar is al 'n geruime tyd beskikbaar van IEW. Hul het egter dit uitgebrei en daar is nou ses boeke beskikbaar. Ek het dus die nuwe weergawe aangekoop. Hierdie was my eerste bestelling van oorsee wat skoolboeke betref.

Fix It! Grammar werk so: Dit word vier keer per week gedoen. Elke dag kry die kind een sin. Uit daai sin is daar 'n woordeskat woord wat hul moet opsoek. Die sinonieme wat die beste by die sin pas word dan geneem en agter in 'n boek geskryf. Daar word elke week 'n nuwe konsep/reël bekend gestel. Die kind leer hoe om op te let vir paragraaf merke. Hul leer bv in week een van Indent, nouns, end marks en homofones

Elke week is daar 'n nuwe kaartjie wat vir die kind gegee word. Voor op die kaartjie staan die naam en letters. Agterop 'n verduideliking van wat dit is. Soos bv met noun is daar 'n n by. 
 
Hoe die kaartjies lyk

Die kind lees die sin en bo die sin merk hul al die nouns met 'n n. Hul doen ook dieselfde later vir articles ens. Hul voeg ook die end merke aan die einde van die sin, soos bv 'n punt, uitroepteken of vraagteken.Indien daar 'n homofoon sou wees soos bv there/their/they're moet hulle die regte een onderstreep en die twee wat nie pas dood getrek. Elke week kom daar iets nuuts by. Heelwat later moet hul dele van die sin verander. Die kind leer dus hoe om die nodige wysigings in hul skryfstukke te maak.

Voorbeeld uit die Onderwyserboek
Nog 'n voorbeeld uit Onderwyserboek
Voorbeeld uit Studenteboek wat gemerk is
 Die sin word dan in 'n boek oorgeskryf sonder die merke wat bo gemaak was. Hul leer hoe om korrek die sin te skryf, dubbel spasies en om die end merke by te voeg. Homofone word slegs die korrekte een in die sin geskryf.

Voorbeeld uit Matthew se boek

Elke dag is daar 'n sin en aan die einde van die jaar het hulle 'n hele storie geskryf.

Hoekom gebruik ons nou juis die program? Dit neem niks meer as 15 - 20 minute per dag nie. Die eerste dag van die week verduidelik ek vir die kinders die nuwe grammatika en hersien die wat reeds gedoen is. Die kinders leer op 'n maklike manier hoe om grammatika te doen deur dit fisies toe te pas uit 'n storie en nie net onderstreep hier en vul in daar nie. Die program is anders as enige ander programme wat ek ooit gesien het. Die kinders is absoluut mal oor die program. 'n Bonus is dat dit help met spelling en dit help hul ook om te dink.

Die reeks bestaan uit die volgende boeke:
Boek 1: The Nose Tree
Boek 2: Robin Hood
Boek 3: Frog Prince, or Just Deserts
Boek 4: Little Mermaid
Boek 5: Chanticleer
Boek 6: Sir Gawain and the Green Knight

Almal moet verkieslik met boek 1 begin. Indien 'n kind nie sou, glo ek sal hul totaal verlore wees in die program en nie weet hoe om wat en wanneer te doen nie. Die boeke bou op mekaar. 

Ek stel voor dat julle na die voorbeelde van die boeke kyk.

Die fisiese onderwyser boek moet aangekoop word. Voor in die boek is daar die skakel na die studente boek in e-formaat wat gratis afgelaai en dan natuurlik uitgedruk word. Jy benodig ook 'n lyntjie boek vir elke kind.

Groete

Maryna