Tuesday 16 September 2014

Livebinder - jou aanlyn webblad boekmerk kortpad

Meeste mense boekmerk sekere webbladsye in hulle 'browser' om later weer daarna te kyk. Het jy al ooit gevind dat al het jy bladsye geboekmerk dat jy soms nie weet wat dit was of waarvoor nie?

Al ooit gehoor van Livebinder? Livebinder is 'n virtuele lêer, dit is 'n beter manier om gunstelling webbladsye te boekmerk en almal onder een plek te stoor en vinnig kan kyk wat is waar en vinnig iets te soek. Dit is ook 'n bonus indien jou rekenaar nie meer wil saamwerk dat jy steeds al jou gunstelling webbladsye veilig kan stoor.

Jy kan jou 'lêer' stoor as 'n privaat een waar net jy dit kan sien, of jy kan dit oopstel waar almal in die publiek dit kan sien. Keuse is joune. 

Hier onder is 'n voorbeel van een van my 'lêers'. Hier sien jy die boonste gedeelte met elke afdeling en die bladsye wat ek onder die afdeling gestoor het. Jy kan bladsye byvoeg deur dit te 'link' of met die Livebinder se knoppie in jou 'browser' te instaleer. Jy kan maklik en vinnig webbladsye stoor presies onder die afdeling waar jy dit wil hê. 



Bo kan jy sien dat ek die Wetenskap 'Science' vak oop het (Die donker blou gedeelte). Onder dit in grys vertoon die bladsye wat ek onder Wetenskap gestoor het. 



Bo kan jy sien dat ek op ARKive gekliek het. Binne in Livebinder kan jy die webbladsye sien. Jy kan so na alles binne daai webbladsy kyk of jy kan die skakel net bo die prentjie volg om na die amptelike losstaande webbladsy te gaan.   
Om dit so deur Livebinder te stoor kan ek vinnig na elke webbladsy kyk sonder om fisies eers deur net name van boekmerke wat dalk gestoorr is te gaan kyk om te kry wat ek soek - al het ek dit in verskillende afdelings.



Bo is nog 'n voorbeeld van een van my kuns (papierkuns) bladsye.

Jy kan gratis aansluit. Met die gratis rekening kan jy tot 10 'lêers' skep en tot en met 100 MB stoor. Jy kan selfs jou eie dokumente oplaai. Gaan gerus na Livebinder en kyk presies hoe dit werk, speel rond en geniet dit.

Dit is baie eenvoudig en maklik om te gebruik.

Geniet dit en organiseer jou Tuisonderwys skakels op 'n maklike manier.

Groete

Maryna