Tuesday 30 December 2014

Kreatiwiteit die 3D skeppings

Matthew het altyd 'n voorliefde vir kunste gehad. Hy kan baie goed teken en het ure gespandeer met die Pivot stick figure animasie program.

Ek het 'n paar jaar gelede voete nat gemaak met Blender. Dit is 'n ongelooflike program waar jy drie dimensionele beelde skep en dit ook kan verander in animasies. Hierdie is dieselfde program wat mense gebruik om onder ander aan Happy Feet 2 te kon werk.

Net om nog 'n voorbeeld te gee, hier is een van die baie videos wat met Blender gemaak is. Hierdie is natuurlik die finale produk nadat al die bou, teksture ens aan mekaar gesit is.
 
 

  Hier onder is van Matthew se skeppings wat hy in van die kursusse leer. Hy leer tans nog hoe om met die program te werk en het begin basiese goed te 'bou' en te laat beweeg. Dit is 'n taamlike ingewikkelde program. Sodra jy die basiese onder die kniee het is die moontlikhede eindloos.


Spinnekop

Gesig

Blender kan gratis afgelaai word. Baie van die klasse/kursusse is gratis. Daar is egter 'n verdere opsie om 'n 'Citizen' te word by CG Cookie waar jy 'n x bedrag betaal per maand en dan het jy toegang tot alle kursusse. Ons het die opsie geneem.

Ons gee Matthew hierdie geleentheid om te groei en te skep. Hierdie kan 'n wêreld vir hom oopmaak van oneindige moontlikhede vir werkskepping in die toekoms. Ek sal soos hy vorder van tyd tot tyd sy vorderings plaas.

Indien jy vir jou kind hierdie program wil laat leer, maar seker hy/sy het baie tyd beskikbaar elke dag. 

Hier is 'n opvolg skrywe van nog skeppings.

Groete

Maryna

Ballon vuurpyl

Hierdie is 'n baie ou aktiwiteit wat ons jare gelede gedoen het.

Hoe om jou eie balon vuurpyl te maak.

In die video hier onder kan jul sien wat gebeur met die ballon. (die kwaliteit is nie baie goed nie, dit is 'n baie kort video)



What jy benodig:
2 stoele
wol/garing
ballon
strooitjie
kleefband


Wat moet jy doen:
Sit die twee stoele 'n distansie van mekaar af. Ryg die wol/garing deur die strooitjie en maak die wol aan die stoele vas. Blaas die ballon op en plak dit met kleefband aan die strooitjie vas, moet NIE die ballon knoop nie. Moet nie dat die ballon afblaas nie. Wanneer jy reg is, van een punt by die stoel los die ballon laat dit afblaas. Die ballon sal vinnig met die strooitjie na die ander stoel beweeg.

Wat het hier gebeur?
Wanneer die ballon afblaas, stoot dit lig deur die nek van die ballon. Die lug laat die ballon dus in die teenoorgestelde rigting beweeg.

Die wetenskaplike reël is: Elke aksie het 'n gelyke en teenoorgestelde reaksie.






Lekker speel!

Groete

Maryna



Friday 5 December 2014

Die sportwêreld op ys

Wat 'n ongelooflike jaar in yshokkie en figuurskaats was dit nie vir die kinders nie. 

Die jaar het ook natuurlik afgeskop met hulle voete 'natmaak' in die yshokkie wêreld.


Makayla wat natuulik ook 'n figuurskaatser is, was eers baie versigtig en het nie gedink sy sal van die sport hou nie. Nou kan sy nie wag om te gaan nie en sê sy sal nie kan besluit tussen die twee nie. Sy het self haar eerste 'first star' (en 'n beker) gewen. Die eerste ster in yshokkie beteken beste speler van die wenspan. Sy was in die wolke en kon dit amper nie glo nie. Sy speel vinnig en hard en doen haar beste.





Makayla en haar duet maat Kathleen (ook 'n Tuisonderwys kind) het tweede plek verwerf in die 2014 Seal Junior Figure Skating Kompetisie.




Matthew is yshokkie mal. Hy wil bitter graag dit ook eendag as loopbaan doen (onder ander). Hy speel baie hard en aggresief (op 'n mooi manier). Hy is aangewys by die jaar se Prysuitdeling as die speler wat die beste gevorder het saam met 'n ander seun (die beker is tans by die ander seun se huis). Matthew het ook sy eerste 'first star' (met 'n medalje) gekry en twee keer 'second star' wat die beste speler vir die verloorspan is. Met die prysuitdeling het hy ook 'n spesiale geskenk gekry, sy eerste hokkie pit (hockey puck). Hy is in die wolke gewees.

Matthew het einde Oktober finaal sy figuurskaatse opgehang en besluit om slegs op yshokkie te konsentreer.



Yshokkie is nie net 'n vinnig sport nie, dit is fantasties vir fisiese oefening - glo my hulle sweet behoorlik. Die sport bou ook hulle selfvertroue op. Matthew is 'n totale ander kind as wat hy 'n jaar terug was. Hy was skaam en teruggetrokke, nou is hy 'n grapjas en praat en meng met almal.




As jy jou kind aan die gang wil kry en deel maak van 'n lekker 'familie' laat hul ten minste net die sport uitprobeer. Ek self is ook van plan om nog te probeer - moet natuurlik eers leer skaats (haha)

Groete

Maryna


Lake Eland Wildreservaat

In Augustus maand het ons as 'n verassing vir my man vir sy verjaarsdag na Lake Eland Wildreservaat gegaan en die nag daar oorgebly.

Hierdie plek moet op jou lys van plekke om te besoek in SA wees. Ongelooflik mooi. Jy is tussen die berge met die natuur letterlik op jou voorstoep. Die reservaat is nie baie groot nie, maar ongelooflik. Om die diere van nader te bekyk kan jy of in een van die begeleide voertuie gaan (teen 'n fooi), met jou fiets ry, stap, met jou eie voertuig of self op die perde.

Lake Eland Wildreservaat is net duskant Port Shepstone en ongeveer 92km van Amanzimtoti (waar ons woon). Dag besoekers kan 'n happie by die restaurant neem, die diere bekyk, jy kan daar trou en natuurlik die absolute hoogtepunt is die 'suspension bridge'. Jy kan ook die honderede trappe aandurf en afstap na die grotte toe. O ja en moet nie vergeet van die langste/hoogste 'zipline' nie, knyp die helfte van die dag af vir dit.(Ons het nie die keer op die zipline gegaan nie maar sal beslis volgende keer)


Al die huisies is teen 'n dam met jou stoep waar oor die water hang. Dit is werklik prentjie mooi. Van jou stoep aan die oorkant kan jy die diere sien rondstap. Die foto van die Kameelperd hierbo is een van die baie fotos wat ek geneem het van my stoel af by my huisie.

Daar is ook 'n kampeerarea vir diegene wat tent wil opslaan en visvang.

Besoek beslis die wildreservaat, dit is ongelooflik.

Groete

Maryna

Illovo Kwekery en Teetuin

'n Paar maande gelede het ons Illovo Kwekery en Tee tuin besoek. Dit is 'n pragtige kwekery in die hartjie van Illovo. Diegene wat nie weer waar Illovo is nie, dit is net langs Amanzimtoti, ongeveer 45km van Durban aan die kus.

Oulike gemeenskap en natuurlik baie Afrikaanse mense. 'n Plek so na aan ons hart :)

Daar is nie net plante om te bekyk nie, maar ook 'n paar klein winkeltjies onder ander 'n tweedehandse boekwinkeltjie ens, 'n teetuin en 'n klein diertjie plaas.

Die kinders het die geleentheid gekry om 'n paar kouebloediges te bevoel en te bekyk. Makayla was glad nie beindruk gewees nie. Matthew het natuurlik nie die geleentheid laat verby glip nie.

Hulle het ook die geleentheid gekry om 'n paar hase te voer.


Groete

Maryna