Tuesday 29 July 2014

Wetenskap in die Begin


Dit het ons 'n geruime tyd geneem om die perfekte Wetenskap Kurrikulum/boek te vind. Hierdie jaar het ons begin met die boek Science in the Beginning deur Dr Jay Wile. Wat 'n absolute wonderlike boek!

Soos jy sal merk in die titel van die boek Science in the Beginning is die boek uiteengesit volgens die skeppings dae. Dit begin by dag een van die skepping en beweeg dan deur tot dag ses. Met elke les is daar 'n praktiese ekspriment wat gedoen word, daarna is daar vrae wat die kinders kan antwoord en 'n skrywe of tekening wat hul doen. In die boek word aanbeveel dat die kinders alles in 'n joernaal doen. Ons het net 'n gewone hardeband boek gebruik hiervoor. Saam met die teksboek is daar ook 'n ouerhulpboek.
 
Leer van lig

Die boek is maklik uiteengesit. Enige ouer kan dit verstaan en geen graad is nodig om Wetenskap vir die kinders te leer nie. Baie ouers het 'n vrees vir Wetenskap of hou glad nie daarvan nie. Met hierdie boek is alles stap vir stap verduidelik. Alles wat jy en die kinders moet weet en ook alles wat benodig word, word gelys. Daar is geen spesiale items wat benodig word vir die eksprimente nie, net basiese goed wat reeds in jul huis sal wees. Daar is 'n handjievol ander items wat jy benodig. 


Leer van kleure en lig

Voor ons die boek gekoop het, het ons eers die voorbeelde afgelaai en deur dit gewerk. Jy kan dit hier aflaai van die uitgewer se blad. Van die eerste oomblik wat die kinders met die boek begin het was hulle mal daaroor. Dit is prettig en maklik om te verstaan. Hul wil net aangaan met die volgende les sodra een klaar is.

Diegene in Suid Afrika kan die boek aankoop deur Oikos Ministries.

Die boek is deel van 'n reeks waarvan die eerste twee reeds beskikbaar is. Ons doen slegs die eerste boek in die reeks. Verskillende grade en ouderdomme kan saam die lesse doen.


Wat die lig is.
Hoe ons kleure sien.
Hoe ons die boek gebruik:
Ons maak alle benodighede bymekaar vir die ekspriment. Ons doen die ekspriment. Ek lees dan vir hul die les. Alhoewel dit in Engels is, verstaan die kinders wel maar ek verduidelik ook in Afrikaans. Daarna sal die kinders die vrae antwoord oor die les, ietsie skryf in hul joernaal en 'n prentjie daaroor teken.

Hier is 'n paar videos van eksprimente wat Dr. Wile gedoen het.


Lig
 


Wind


Wolk formasie

Hier is 'n goeie artikel om te lees Dr Jay's Top 10 Homeschool Science Tips.

Ons is werklik baie beindruk met die boek en ek sal dit hoogs vir almal aangeveel.

Groete

Maryna