Wednesday 20 November 2013

Boek loer: Papiervliegtuie

Na 'n besoek aan Bargain Books het Matthew hierdie boek gesien van papiervliegtuie. Soos enige seun hou hy baie van speel en bou.



Die boek is baie eenvoudig uiteengesit. Dit begin deur vir jou die basies en ander voue stap vir stap te wys. Dit word gevolg deur 'n paar speletjies wat gespeel. Daar is ook 'n handige deel van punte kaartjies. Die grootste deel van die boek is mooi bladsye wat jy uithaal om jou vliegtuigies mee te vou.

Alles wat jy benodig is in die boek. Alhoewel dit in Engels is, het jonger kinders maar net prentjies nodig om dit te volg. Ma kan maar die instruksies van die speletjies lees. Hierdie boek is enige jong seun se droom boek.



Die basiese vou terme

Verskillende speletjies wat gespeel kan word.



Mooi papier om die ontwerpe mee te vou.



Van die goed wat ingesluit is in die boek.



Hierdie kan ook 'n oulike geskenk wees vir 'n besige seun. Daar was 'n verskeidenheid van boeke oor papiervliegtuie. Gaan loer gerus by Bargain Books.

Lekker speel.

Groete

Maryna

Friday 15 November 2013

Beplanning

Vir 2014 het ek besluit om bietjie meer beplanning te doen.

So beplan ek die hoe, wat en wanneer:

Die hoe en wat begin met 'n begroting van watter boeke vir die skool loopbaan benodig gaan word. Ek het vooruit beplan vir al die jare se beraamde kostes. Daar is 'n basiese raamwerk per jaar, alhoewel dit nie werklik onvoorsiende kostes insluit - soos daai "net gou hier by Bargain Books kyk" uitsappies nie.

Maar hoe is ook natuurlik wanneer wat gedoen gaan word. Ons probeer by 'n basiese skedule hou maar dit verander gereeld. Veral vir daai onvoorsiende dae wat iemand siek is of 'n kuier by ouma of 'n uitstappie iewers heen.

Ek het altyd probeer 'n dagboek en my rekenaar gebruik om op te stel wanneer wat gedoen moet word. Maar ek het daarteen besluit vir die komende jaar. Ek het op my Andriod Tablet rekenaar 'n oulike 'app' Homeschool Helper. Dit is ook beskikbaar vir iPad. Ek sal nog 'n volledig pos inskrywing van die 'app' doen.




Sien 'n video hieronder van hoe dit werk.






Lesse uit boeke word gedoen deur eenvoudig van voor na agter deur te werk. Dit sluit in enige iets van werkstukke wat gedoen moet word of iets wat ons uit 'n nie-fiksie en fiksie lees.

Vir boeke wat 'n ietsie ekstra nodig het, kyk ek eers wat behandel word en dan maak ek 'n lys van ander boeke wat ons ook moet gebruik en besoek die biblioteek as ons dit nie het nie. Dit beteken wel meer voorbereiding van my kant af.


Ek maak ook baie gebruik van die internet en sy hulpmiddels.

Die wanneer van die beplanning strek gewoonlik oor 'n periode. Ek probeer om die basiese algemene beplanning een keer te doen. Maar soos ons uit nie-fiksie boeke werk, word beplanning weekliks en soms daagliks gedoen.

Ek hou daarvan om te weet 'waar' ons is en 'waarheen' ons beweeg. Ek hou nie daarvan om soos 'n hoender met 'n af kop rond te hardloop en soek na goed. My kinders moet weet dat ek in beheer is. Dit help ook dat hulle nie onseker is oor wat aangaan nie.

Dit is maklik om te beplan, maar om daarby te bly is natuurlik iets heeltemal anders.

Beplan jy? Deel jou insette.

Groete

Maryna

Wednesday 13 November 2013

Teken 'n apie

Die kinders geniet dit vreeslik baie om te teken. Veral as dit uit boeke is wat hulle presies wys hoe om te teken.

Hierdie stap vir stap tekening kom uit die Groot Tekenboek voor beginners deel een by Philippe Legendre. Dit is 'n Nederlandse boek wat ek tweedehands by ons Boeremark gekoop het. Dit is 'n baie oulike boeke met 'n groot verskeidenheid diere om te teken en dan hoe jy alles saam kan voeg in een kunswerk.



Hier kan jy sien hoe om die apie te teken.





Die is met olie pastelle geteken.

Makayla
Matthew
Dit is oulike hoe die kinders elkeen hulle eie 'stempel' op die tekening sit.

Deel gerus julle apie tekeninge met ons.

Groete

Maryna

Friday 8 November 2013

Bybel papier kuns aktiwiteite

My little House is moontlik een van die oulikste plekke om van Jesus te leer op 'n prettige manier.
Elke maand plaas Martin Didier (die skepper en meesterbrein agter die blad) knip en plak kalenders met 'n Bybels tema. Dit is wel in Engels maar dit kan maklik vir jou kinders in Afrikaans verduidelik word. Dit is nie net 'n kalender nie, maar daar is 'n les of tema saam elke maand.

Voorbeeld: September maand hieronder gaan oor koning Salomo. Daar word kortliks verduidelik wat gebeur het en dan ook teks verse wat jy moet gaan opsoek en lees.



Van tyd tot tyd word nuwe Bybel papier 'speelgoed' bekend gestel. Hierdie stelle is ideaal om nie net vir jou kinders van God te leer nie, maar dat hulle ook self die verhale in die Bybel kan uitbeeld deur spel. Die papier modelle is eenvoudig en nie moeilik om te bou nie. Ek stel egter voor dat jy dit saam met jou jonger kind doen en dit 'n familie projek maak.

Sien hieronder die dorp Bethlehem.  Hierdie is 'n pragtuk en kan 'n kind vir dae lank besig hou om die geboue en mannertjies aan mekaar te sit.



Gaan loer gerus op My little House se webblad. Daar is baie om te sien, neem dus jou tyd en snuffel rond.

Groete

Maryna

Kameelperd - teken en vou

Die wonder van 'n kameelperd.

Die kinders het bietjie kreatief geraak en die ou langnek teken met olie pastelle. 
Makayla se Kameelperd
Matthew se Kameelperd
Die teken les was geneem uit die Nederlandse boek Groot Tekenboek Voor Beginners Deel een. Ek het hierdie boek gevind by ons plaaslike plaasmark vir slegs R10. Alhoewel dit in Nederlands is, hoef 'n mens net die prentjies te volg.


My kameelperd het ek geteken en geverf met pen en waterverf. Dit was deel van 'n waterverf klas wat ek doen deur Paint Basket

My kameelperd (Pen en waterverf)





Sien die infografika om meer te leer oor die Kameelperd.




Vou 'n Kameelperd


Kameelperd origami
Die kameelperd origami hierbo kan oorspronklik HIER gevind word.

Jonger kinders kan die onderste een probeer.



Al die instruksies kan HIER gevind word. 

Vir die wat heelwat ouer kan die knip en plak een probeer.


Die volledige drukbare patroon en instruksies kan van die Canon Creative Park se blad afgelaai word. 

Loer ook op Pinterest rond, daar is oulike idees vir Kameelperde wat jy met toiletrolletjies kan maak.

 
Lekker speel en leer!


Groete

Maryna

Renoster

Wat is die verskil tussen 'n swart en witrenoster?






Leer meer oor renosters:
Onewetonige hoefdiere
Afrika se groot vyf
Hefbome: Hoe jy speel speel 'n renoster optel


Wat moet word van ons renosters deel 1 en deel 2
Bedreigde spesies
Bedreigde soogdiere in ons land
Suid Afrikaanse soogdiere word bedreig
Red die renoster

Vir die peuters en kleuters: Die Bester klub

Hierdie is vrae wat gevra kan word hoe kinders van soogdiere kan leer. Dit kan aangepas word om vir enige tema of eenheid gebruik te word.

Verskil tussen 'n klapper en vuurwerke

Wat is die verskil tussen 'n vuurwerk en 'n klapper? Kyk na hierdie infografika om jou meer te leer.


Periodieke tabel


Laat die Periodieke tabel van Elemente Hier af.

waar jy meer kan leer

Op Mieliestronk kan jy meer leer oor die Periodieke tabel. Onder ander kan jy ook leer oor die verskillende Chemiese reekse waaruit die tabel bestaan. (onder op die bladsy is nog 'n aflaaibare Periodieke tabel)

Vir 'n interaktiewe tabel, gaan HIER. Jy kan op die verskillende elemente kliek waar 'n verduideliking sal verskyn. (werklik 'n baie oulike blad.)

Algemene veiligheid vir Chemie.
Geskiedenis van die Periodieke tabel.
Samestellings van die Periodieke tabel.
Gebalanseerde Chemiese Vergelykings.
Aflei van bindingsmoontlikhede.
Periodieke tabel aktiwiteite.
Plastiek: Graad 7
Taal van Chemie.

Maak 'n "been"

Wat jy benodig:
Gekleurde karton
Sker
Gom
Kleefband
Strooitjies

 Maak so:
1. Neem die gekleurde karton en knip dit dieselfde grootte as die lengte van die strooitjies.
2. Smeer die hele vel met gom.
3. Plaas die strooitjies op die vel.
4. Plak ongeveer 3 stukke kleefband oor die strooitjies - bo, middel en onder, vir ekstra versterking.
5. Rol die karton met strooitjies op en plak buite om vas met kleefband.

Doel van die aktiwiteit:
Hierdie is 'n voorstelling van hoe 'n been binne lyk. Been is nie solied nie, dit groei in 'n sirkel van pype. Bloedvate in die pype neem kos en suurstof na die been. Indien 'n been solied sou gewees het, sou dit vir mens onmoontlik gewees het om jou bene te kan optel weens die swaar gewig daaraan.
Die kind kan bo op die 'been' met sy gewig druk om te sien hoe sterk dit is.

Anatomie T-hemp


Teiken ouderdom: 7 tot 12 jaar

Doel van die aktiwiteit: Hersiening van die basiese interne organe.

Besonderhede: Met hierdie aktiwiteit word die interne organe nagetrek op 'n wit T-hemp. Die kind kan dit inkleur of verf. Patrone word verskaf vir die natrek van die organe.

Hierdie aktititeit is saamgestel deur Ellen McHenry en is met toestemming vertaal en aan Afrikaanse Tuisskolers beskikbaar gestel.

Die aktitwiteit kan HIER afgelaai word.

Bepalings: Moet asseblief nie die dokument aanstuur nie, enige iemand is welkom om dit hier af te laai. Respekteer die kopiereg van die eienaar.

Boere Geskiedenis

Die Jameson inval




Laai die boek Hier af. Dit kan ook aanlyn gelees word by 'Internet Archive'. Lees ook meer hier Die oorlog oor Suid-Afrika Die Jameson-inval

Die Groot Trek


Lees die boek Die Groot Trek deur T.V Bulpin (die boek was ongelukkig aanlyn beskikbaar om te lees maar is verwyder)
In die boek sal jy meer leer oor die trekke van Trichard en van Rensburg. Andries Hendrik Potgieter en die Matabele. Piet Retief en die Zoeloes. Die Zoeloe-Stormloop. Andries Pretorius en Bloedrivier. Laastes die gevolge.


Lees ook hieronder meer van die Groot trek en sy leiers:
Die Groot Trek
Leiers van die Groot Trek
Andries Pretorius 


 

 




Infografika: Geskiedenis van bekende geboue





Eerste vakansie

Ons het na baie jare se gewag uiteindelik op ons eerste vakansie gegaan. ATKV Drakensville Vakansie oord by die voet van die Drakensberge.

Die omgewing is ongelooflik mooi en die uitsig na die berg is onbeskryflik. Die kinders het dit vreeslik baie geniet. Dit is die ideale plek vir 'n gesins vakansie.

Daar is swembaddens (warm en koud), 'n waterglybaan, putt-putt, plaasdiere, speletjieskamer, springmatte en nog meer. Ons het die kinders se fietse saam geneem en hulle kon met gemak en veilig enige plek ry. Die oord is goed toegerus en baie netjies. Die pragtigste tuine! 


Dit was noggal besonders warm gewees en die nagte glad nie koud nie. Met ons laaste oggend het die wolke begin saamdrom. Daar was 'n toergroep met pensionarisse en almal werklik baie oulike mense. Die diens by die oord is werklik baie goed. 

Natal is baie ryk aan kultuur en geskiedenis. Ongelukkig kon ons nie die keer van die plekke in die omgewing besoek nie. Maar indien julle ooit daai kant gaan, gaan kyk gerus wat die Berge julle alles bied.

Groete

Maryna